Wat jy moet doen voor jy ‘n bestuursagent aanstel?
Deur Ané de Klerk
Click here to read this article in English
Uit my gesprekke met beide kliënte en studente het dit aan die lig gekom dat meeste industie rolspelers onder die indruk is dat die wet vereis dat ‘n bestuursagent se aanstelling deur die skema se lede goedgekeur word. Meeste bestuursagente bleik self onder hierdie wanindruk rakende hul eie aanstelling te wees. Kom ons kyk saam na die maniere waarop ‘n bestuursagent se aanstelling wettiglik goedgekeur kan word.
Die voorgeskrewe bestuursrëels stipuleer dat ‘n bestuursagent aangestel mag word wanneer die skema se lede so besluit, maar ook dat dit nie die enigste manier is om ‘n aanstelling van die aard goed te keur nie. Die rëels stipuleer verder dat ‘n bestuursagent aangestel moet word wanneer ‘n verbandhouer van minstens 25% van die hoeveelheid primêre eenhede in die skema so besluit. Alternatiewelik mag die aanstelling gedoen word wanneer die meerderheid van die trustees so beslis.
‘n Bestuursagent mag dus aangestel word op grond van ‘n meerderheidsbeslissing wat deur enige van die volgende entiteite geneem is:
- die trustees;
- die lede; of
- ‘n verbandhouer van minstens 25% van die hoeveelheid primêre eenhede in die skema.
DIE KONTRAK
Ongeag van wie die aanstelling goedgekeur het (hetsy die trustees, lede of verbandhouer), is dit belangrik om in ag te neem dat die kontrak tussen die bestuursagent en die skema slegs geldig kan wees as dit deur twee trustees onderteken is nadat hul deur ‘n meerderheidsbeslissing van die trustees gemagtig is om dit te doen. Indien die lede byvoorbeeld die aanstelling deur middel van ‘n meerderheidsbeslissing goedgekeur het, moet die trustees steeds daarna ‘n meerderheidsbeslissing van hul eie neem wat stipuleer dat die trustees, ingevolge die lede se besluit geneem op die gegewe datum, beslis om die kontrak met die agent aan te gaan. Die trustees se meerderheidsbeslissing in die verband moet ook duidelik stipuleer welke twee trustees gemagtig is om die kontrak namens die skema te onderteken.
BETALING
Hoewel die bestuursagent se aanstelling nie noodwendig deur die lede goedgekeur hoef te word nie, is dit belangrik om ag te slaan op die feit dat dat trustees slegs die aangestelde agent mag betaal indien die koste van so ‘n betaling deel vorm van die begroting soos deur die lede by ‘n algemene vergadering goedgekeur is. Indien die skema se goedgekeurde begroting dus nie vir hierdie onkoste voorsiening maak nie, mag die agent nie betaal word nie (selfs al was hul aanstelling deur die trustees goedgekeur). Dit is daarom belangrik om te virseker dat dit nie net die agent se aanstelling is wat wettiglik goedgekeur word nie, maar ook hul daaropvolgende betaling.
Kontak ons gerus by info@theadvisory.co.za indien u enige vrae rakende die aanstelling of betaling van ‘n bestuursagent het – ons reik graag ‘n kwotasie vir u oorweging uit.
Specialist Community Scheme Attorney (BA, LLB), Ané de Klerk, is a Director of The Advisory, a boutique consultancy specialising exclusively in community schemes law. Her focus is legal education, which includes presenting seminars and running online and in-person training programs and courses. You can reach out to her via email at info@theadvisory.co.za to request an obligation-free quotation for assistance with your sectional title queries.