319281899608567 Skip to main content

Verbeter jou kans om agterstallige heffings te verhaal

Deur Auren Freitas dos Santos

Click here to read this article in English

As jy al ooit by die invordering van agterstallige heffings deur siviele howe betrokke was, sal jy bewus wees dat dit ‘n baie lang en dikwels taamlik duur proses kan wees wat prokureurs, die balju, verskeie voorgeskrewe wagperiodes en dikwels ook talle uitstellings behels.

Wanneer ñ gemeenskapskema uiteindelik sy dag in die hof kry, en hopelik daarmee saam ‘n bevel teen die agterstallige eienaar vir die betaling van die uitstaande skuld verkry, is die eienaar se vermoë om die volle bedrag aan die gemeenskapskema terug te betaal gewoonlik aansienlik verminder deur die hoë prokureurs- en ander regskoste wat hulle moet dek.

Tydens hul oorweging van die Sectional Titles Schemes Management Act, het die Parlementêre Komitee waarskynlik hierdie presiese kwessie rakende die lengte en koste van hofverrigtinge vir die invordering van eienaars se skuld bespreek, en daarom besluit dat gemeenskapskemas van die staansspoor af liefs die Community Schemes Ombud Service moet gebruik om agterstallige heffings te verhaal.

Alhoewel dit ‘n sinvolle benadering tot heffingsinvordering is, word hierdie besluit ongelukkig selde in praktyk gevolg en die siviele hofrolle is steeds belas met verrigtinge vir die invordering van heffings.

In ons opinie is die beste manier vir gemeenskapskemas om hul vermoë om uitstaande heffings van eienaars in te vorder en duur regskoste en lang formele regsgedinge te vermy, om gebruik te maak van die proses wat ingevolge die Community Schemes Ombud Service Act toegelaat word.

Die basis vir hierdie opinie is dat ‘n aansoek vir die invordering van onbetaalde bydraes via CSOS gratis is en geen betrokkenheid van prokureurs vereis nie. Die proses is spesifiek daarop gemik om vinnig, met so min formaliteit moontlik, resultate te behaal.

Trustees moet bloot ‘n aansoekvorm van die CSOS-webwerf aflaai, invul en die volgende ondersteunende dokumente daarby aanheg:

  1. Die ondertekende trustee-resolusie wat die heffing van die bydraes bemagtig;
  2. Die kennisgewing wat eienaars se betaalbare bydraes uiteensit en na die Algemene Jaarvergadering aan eienaars gestuur is;
  3. Die finale aanmaning wat aan die eienaar gestuur is om betaling te eis; en
  4. ‘n Afskrif van die eienaar se heffingstaat.

‘n Agterstallige eienaar word sewe dae gegun om ‘n antwoord op die aansoek in te dien, waarna die saak na bemiddeling, en indien bemiddeling misluk, na beslissing verwys sal word. Indien die aansoek nie afgekeur word nie, sal die bemiddelaar betaling van die uitstaande heffings beveel, welke beslissingsbevel afdwingbaar is asof dit ‘n Landdros- of Hooggeregshof bevel is, afhangende van die bedrag geld ter sprake.

Sedert die stigting van die Community Schemes Ombud Service, kan die proses om agterstallige heffings te verhaal nie veel eenvoudiger wees nie en ons stel voor dat jy oorweeg om hierdie proses op die proef te stel. Indien jy gebruik wil maak van ons dienste by The Advisory om jou hiermee te help, kan jy ons via epos kontak by info@theadvisory.co.za.


Specialist Community Scheme Attorney (LLB, LLM), Auren Freitas dos Santos, is a Director of The Advisory, a boutique consultancy specialising exclusively in community schemes law.